Brekende Nuus
Afrikaans

Insleep- en nooddienspersoneel tydens opruiming in sekondêre ongeluk beseer

Insleepdienste en nooddienswerkers se personeel is tydens opruiming in 'n sekondêre ongeluk beseer.

Insleepdienste en nooddienste tydens sekondêre ongeluk met skoonmaak beseer
Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Lede van Bigshow Towing, F1 Towing en CERT-nooddienste in Tongaat is Donderdag tydens ‘n sekondêre ongeluk op die Watson-hoofweg naby Tongaat-tolhek beseer.

IPSS Medical Rescue het rapportering van ‘n motorongeluk ontvang.

Met aankoms op die toneel is ontdek die beseerde persone is van die insleep- en nooddienste. Hulle was besig om ‘n ongelukstoneel op te ruim toe hulle beseer is.

Die beseerdes is deur Netcare911 en IPSS Medical Rescue se gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat hulle vir verdere behandeling na verskeie fasiliteite vervoer is.

IPSS Medical Rescue sê hierdie is lede wat altyd meer doen as wat van hulle verwag word om hul gemeenskappe te ondersteun. Die lede van Bigshow Towing, F1 Towing en CERT Emergency Response Tongaat is beterskap toegewens.

“We remind motorists to slow down when approaching accident scenes to avoid putting the lives of first responders at risk.”

Bron: IPSS Medical Rescue