Internasionaal gesoekte Chinese voortvlugtige in Sandton aangekeer

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. -‘n Chinese voortvlugtige wat internasionaal gesoek word, is hiedie week deur die Interpol Nasionale Sentrale Buro (NCB) in Pretoria, deel van die polisiediens, in Sandton in hegtenis geneem. Hy word glo aan ’n saak van bedrog in China gekoppel.

Lt.kol. Amanda van Wyk, nasionale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens ’n voorlopige verslag het Interpol ’n rooi kennisgewing aan alle lidlande versprei, om die Chinese burger op te spoor en voorlopig in hegtenis te neem. Die verdagte het na bewering vir ’n visum by die Amerikaanse ambassade in Sandton aansoek gedoen, toe sy voortvlugtige status opduik en hy Dinsdag in hegtenis geneem is. Hy het Woensdag sy eerste verskyning in die Randburg-landdroshof gemaak.

“Voortvlugtiges probeer dikwels na ander lande vlug om arrestasie te ontduik,” het lt.kol. Amanda van Wyk gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief