Lees ook: Ontsnapte gevangene steeds skoonveld
FRANKRYK. – Interpol het ’n internasionale lasbrief vir die inhegtenisneming van Mohamed Amra, alias The Fly, uitgereik na hy Dinsdag uit aanhouding in Normandië ontsnap het.
Amra het Dinsdag ontsnap terwyl hy na ’n ander gevangenis vervoer is. Aanvallers het die konvooi op ‘n geheime roete ingewag. Polisielede het die twee voertuie waaruit die vyf gevangenes ontsnap het in afsonderlike gebiede gekry waar dit aan die brand gesteek is. Twee gevangenispersoneellede is in die aanval gedood en drie ernstig beseer.
Interpol het ’n rooi kennisgewing vir Amra uitgereik omdat hy gesoek word vir onder andere bendebedrywighede en vir moord. Hy is glo die baas van ’n dwelmhandelnetwerk en is voorheen 13 keer aan misdrywe skuldig bevind.
Hy was nou in die tronk vir roof en inbraak en is aangekla in ’n ontvoering wat gelei het tot die dood van ’n man in Marseille.
Bronne: Mirror, Le Monde, New York Times
Lees ook: Ontsnapte gevangene steeds skoonveld





