ORANIA. – Die Noord-Kaapse dorp, Orania, het na hewige reën redelike gelokaliseerde vloedskade opgedoen.
In sommige areas op hierdie dorp, wat langs die Oranjerivier geleë is, het 100 mm reën binne ’n halfuur geval.
Donderdag het die oord Aan die Oewer glo ’n wolkbreuk ervaar. ’n Video is deur die oord op hulle Facebook-blad geplaas wat wys hoe vinnig die wal begin wegspoel het.
Inwoners wat veiligheidsgroepe, besigheidseienaars, dorpenaars, boere en vrywilligers insluit, het gister gehelp om skade by die oord te beperk.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: