Lees ook: Hof beslis oor matriekuitslae
Die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika het die departement van onderwys gewaarsku as dit die 2024-matriekuitslae in koerante plaas, sal dit skuldig wees aan die nie-nakoming van ‘n bevel deur hulle.
Dit volg na die Pretoria-hooggeregshof beslis het die uitslae kan wel in die media geplaas word. Regter Ronel Tolmay het beslis die Inligtingsreguleerder se dringende aansoek was nie dringend nie en dat die uitslae op 14 Januarie geplaas kan word.
Die Reguleerder het gesê as die uitslae geplaas word sal die departement steeds skuldig wees van nie-nakoming van hulle bevel.
Volgens IOL is die Reguleerder van mening die departement oortree die Popi-wet deur die uitslae in koerante bekend te maak.
Bronne: IOL, The Citizen, ITWeb
Lees ook: Hof beslis oor matriekuitslae