Brekende Nuus
Afrikaans

Iran gaan Israel dagvaar oor aanval op konsulaat

Die aantal persone wat in die aanval omgekom het, staan op 14, maar dit sal waarskynlik nog styg.

Iran gaan Israel dagvaar oor aanval op konsulaat

fotokrediet: Canva
Iran gaan Israel dagvaar oor aanval op konsulaat fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran beplan weerwraak na beweerde Israeliese lugaanval op Damaskus

IRAN. – Die Iranse visepresident vir regsake, Mohammad Dehqan, het gesê die land gaan Israel dagvaar vir hulle beweerde aanval op die Iranse konsulaat in Sirië.

Hy het gesê Israel het internasionale wette oortree en Iran is besig om hulle regstappe te assesseer.

Die aantal persone wat in die aanval omgekom het, staan op 14, maar dit sal waarskynlik nog styg. Agt Iranse burgers, vyf Siriese burgers en een lid van Lebanon se Hezbollah-groep is in die aanval oorlede.

Bronne: The Statesman, China Daily, NPR

Lees ook: Iran beplan weerwraak na beweerde Israeliese lugaanval op Damaskus