IRAN. – Iran se genl. Kiumars Heydari het Israel oor nog “massiewe aanvalle” gewaarsku.
Lees ook: Drie mense dood ná Israel Iranse staatsmediagebou aanval
Hy het gesê: “Die vyand moet weet ‘n nuwe vlaag massiewe aanvalle deur die Iranse gewapende magte met nuwe en gevorderde wapens het begin en sal meer intens word in die volgende paar uur”. Dit volg ná Iran vandag “kamikaze” hommeltuie gebruik het om Israel aan te val.
Israel se verdedigingsminister het Iran se president gewaarsku hy kan dieselfde lot in die gesig staar as Saddam Hoesein. Hoesein is in 2003 in Irak deur die Amerikaanse weermag in hegtenis geneem en vir sy misdrywe gehang. Katz het gesê die president “moet onthou wat gebeur het met die diktator in Iran wat hierdie pad teen Israel gestap het”.
Iran en Israel is vir die vyfde agtereenvolgende dag besig om mekaar aan te val nadat Israel Vrydag Iran se kernaanlegte in aanvalle geteiken het.
Bronne: DW – South Africa, Sky News, NBC News
Lees ook: Drie mense dood ná Israel Iranse staatsmediagebou aanval





