Lees ook: Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier
TEL AVIV. – Iran het Dinsdagaand sowat 180 missiele op Israel geloods uit weerwraak vir Israel se aanvalle op die Hezbollah-groep in Libanon.
Die Israeliese weermagwoordvoerder, Daniel Hagari, het gesê die land se lugverdedigingstelsels kon die meeste daarvan keer.
Twee mense is gewond en een Palestynse man is dood na ’n vuurpyl naby Jericho geval het.
Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het belowe Israel gaan weerwraak neem teen Iran en het gesê “hulle het vanaand ’n groot fout gemaak en sal daarvoor betaal”.
Verskeie Europese lande het hulle burgers en diplomate uit Libanon begin ontruim.
Bronne: The Baltimore Sun, eNCA, Daily Mail
Lees ook: Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier