Kommer dat Iran teen Israel gaan weerwraak neem

Lees ook :

Kommer dat Iran Israel gaan aanval
Kommer dat Iran Israel gaan aanval fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel berei voor vir weerwraak van Hamas en Hezbollah na dood van leiers

ISRAEL. – Die VSA-staatsekretaris, Anthony Blinken, het ’n waarskuwing uitgereik dat Iran en Hezbollah Israel binne 24 tot 48 uur kan aanval.

Kommer heers dat Iran, Hezbollah en Hamas weerwraak gaan neem na die dood van die Hamas-leier, Ismail Haniyeh, in Iran. ’n Hezbollah-leier is ook ure na Haniyeh doodgemaak.

Iran het aan ministers in Jordanië en Libanon gesê hulle gee nie om as “’n oorlog veroorsaak word nie”.

Verskeie vlugte na Iran en Libanon is opgeskort oor kommer oor moontlike lugaanvalle.

Singapore Airlines het Vrydag alternatiewe roetes begin volg om die Iranse lugruim te vermy. Lugrederye van Taiwan, China, die VSA en Europa het die voorbeeld gevolg.

Air India, Duitsland se Lufthansa-groep, United Airlines, Delta Air en Italië se ITA Airways het vlugte na Tel Aviv opgeskort.

Vlugte na Beirut is ook gekanselleer.

Bronne: MenaFN, The Week, Money Control

Lees ook: Israel berei voor vir weerwraak van Hamas en Hezbollah na dood van leiers

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief