Lees ook: Biden noem lasbrief teen Netanyahu ‘belaglik’
Iran se leier, Ayatollah Ali Khamenei, het gesê Benjamin Netanyahu en Yoav Gallant van Israel en Mohamed Deif van Hamas moet doodsvonnisse kry.
Hy het gesê die lasbrief vir hulle inhegtenisnemings is nie genoeg nie, hulle moet doodsvonnisse kry.
Die Internasionale Strafhof het Donderdag ’n lasbrief vir die inhegtenisngeming van Netanyahu, Gallant en Deif uitgereik vir oorlogsmisdrywe gepleeg.
Israel het die besluit anti-Semities genoem en het gesê hulle het geen oorlogsmisdrywe in Gaza begaan nie.
Mohammed Deif is glo in Julie in ’n Israeliese lugaanval dood, maar Hamas het dit nog nie bevestig of ontken nie.
Bronne: Times of India, US News, The Straits Times





