Lees ook: Iranse parlement keer nuwe hijab-en-kuisheidwet goed
IRAN. – Vroue in Iran kan nou doodstraf kry of tronkstraf as hulle die nuwe moraliteitswette aangaande hijabs oortree.
Die nuwe wette wat vroeër die maand deur die Iranse parlement aanvaar is, het nuwe strawwe vir vroue sodat ‘n “kultuur van kuisheid” bevorder kan word.
Enigeiemand wat “kaalheid, onkuisheid of onbetaamlike drag bevorder” kan tronkstraf of boetes kry. Vroue wat nie hulle hijabs dra nie of foto’s of video’s aan internasionale media stuur, kan tronkstraf of boetes kry. As Iranse owerhede bevind dat die vrou of ander mense se “misdryf” tot “korrupsie lei” kan hulle die doodstraf ontvang.
Iran se nuwe president het al voorheen gesê hy staan die nuwe wette teë.
Bronne: Daily Mail, Outlook, Post Courier
Lees ook: Iranse parlement keer nuwe hijab-en-kuisheidwet goed





