GASA. – Israel het bevestig Hamas en die Palestynse Islamitiese Djihad het die liggaam van die gyselaar, Dror Or, gister aan hulle oorhandig.
Lees ook: Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat
Forensiese toetse het die identiteit van Or bevestig nadat sy liggaam gister deur middel van die Rooikruis aan Israel oorhandig is.
Die kantoor van die eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê Israeliese owerhede werk hard om die laaste twee gyselaars se liggame terug te kry en het geëis dat Hamas die liggame onder die skietstilstand oorhandig.
Or is deur die Palestynse Islamitiese Djihad in sy huis in Kibbutz Be’eri doodgemaak tydens Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober 2023. Sy vrou Yonat is ook tydens die aanval doodgemaak en twee van hulle kinders is lewend ontvoer. Hulle kinders is in November 2023 vrygelaat.
Bronne: BBC, CNN, The Times of Israel
Lees ook: Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat