Israel beweer dit het Hamas-woordvoerder Abu Obeida gedood

Lees ook :

Israel beweer dit het Hamas-woordvoerder Abu Obeida gedood fotokrediet: X

GASASTAD. – Israel het beweer dit het Abu Obeida, ’n Hamas-woordvoerder, in ’n lugaanval op Saterdag in Gasastad gedood.

Lees ook: Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan

Israel se verdedigingsminister, Israel Katz, het die Israeliese weermag en Shin Bet, die Israeliese veiligheidsagentskap, op sosiale media geprys vir ’n “ foutlose operasie”. Hy het Sondag gewaarsku nog meer van Obeida se “kriminele vennote” sal geteiken word met die “intensifisering van die veldtog in Gasa”.

Hamas het nie Obeida se dood bevestig nie, maar het gesê verskeie burgerlikes is gedood en beseer in die aanval op ’n residensiële gebou in Gasastad.

Plaaslike joernaliste het berig sowat sewe mense, onder andere kinders, is dood en 20 is beseer in die aanval op die al-Rimal-buurt in Gasastad.

Bronne: BBC, ABC, The Independent

Lees ook: Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief