Israel beweer dit het Iranse weermagleier doodgemaak wat met Hamas gewerk het

Lees ook :

Israel beweer dit het Iranse weermagleier doodgemaak wat met Hamas gewerk het fotokrediet: Canva

ISRAEL. – Israel het beweer dit het gister ’n senior Iranse weermagleier doodgemaak wat Hamas gehelp het om die aanval van 7 Oktober 2023 te beplan.

Lees ook: Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

Volgens die hoof van die Israeliese verdedigingsmag (IDF), Eyal Zamir, is die dood van Saeed Izadi ’n draaipunt in die konflik. Volgens die IDF was hy in beheer van die Palestynse afdeling van die Iranse rewolusionêre wagte en het bande met Palestynse gewapende groepe gehandhaaf.

Israel het ook gesê dit het nog ’n leier van die rewolusionêre wagte gedood wat vuurpyle na Iranse groepe, insluitend Hamas en Hezbollah, vervoer het. Hulle het beweer Behnam Shahriyari het wapens en geld aan militante groepe voorsien.

Israel het ook beweer dit het die rewolusionêre hoof van hommeltuig-operasies, Aminpour Joudaki, doodgemaak.

Bronne: BBC, New York Times, USA Today

Lees ook: Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief