IRAN. – Iran se hoof van die Rewolusionêre Wag (IRGC), Hossein Salami, is gister in Israel se aanval op kernaanlegte in Iran gedood.
Lees ook: VSA gaan nie-noodsaaklike personeel uit Irak-ambassade ontruim
Israel het ten spyte van Donald Trump, VSA-president, se waarskuwing om nie enige aanvalle te loods nie, Iran se kernaanlegte in aanvalle geteiken.
Tehran het ’n waarskuwing aan Israel en die VSA – wat ontken dat dit betrokke was – uitgereik dat dit ’n “swaar prys” sal betaal vir die aanvalle.
Israel se aanvalle het na wat berig word ook die stafhoof en adjunkhoof van die gewapende magte en verskeie kernwetenskaplikes gedood.
Bronne: BBC, CNN, The Times of Israel
Lees ook: VSA gaan nie-noodsaaklike personeel uit Irak-ambassade ontruim





