Brekende Nuus
Afrikaans

Israel en Hamas stem in tot eerste fase van skietstilstand

Israel en Hamas stem in tot eerste fase van skietstilstand

fotokrediet: Canva
Israel en Hamas stem in tot eerste fase van skietstilstand fotokrediet: Canva

EGIPTE. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vanoggend aangekondig Israel en Hamas het oor die eerste fase van sy Gasa-vredevoorstel ingestem en dit “afgeteken”.

Lees ook: Hamas gee lys van Palestynse gevangenes wat vrygelaat moet word in ruil vir gyselaars

Israel en Hamas het albei bevestig hulle het tot die eerste fase van die skietstilstand ingestem. Hamas sal die 20 lewende gyselaars en die liggame van 28 gyselaars vrystel en Israel se weermag sal uit die grootste deel van Gasa onttrek, dadelik aanvalle stop en voorberei vir humanitêre hulp om Gasa binne te gaan.

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het in ‘n plasing op X gesê: “Met God se hulp sal ons hulle almal huis toe bring.” Hy het in ‘n aparte plasing gesê die ooreenkoms is ‘n “nasionale en morele oorwinning vir die staat van Israel” en het dit ‘n “diplomatieke sukses” genoem. Netanyahu het verder gesê: “Van die begin af het ek dit duidelik gemaak dat ons nie sal rus tot ons gyselaars terug is en ons doelstellings bereik is nie.”

Bronne: Euronews, NBC News, USA Today

Lees ook: Hamas gee lys van Palestynse gevangenes wat vrygelaat moet word in ruil vir gyselaars