Brekende Nuus
Afrikaans

Israel en Hamas val mekaar weer aan

Israel en Hamas val mekaar weer aan

fotokrediet: Canva
Israel en Hamas val mekaar weer aan fotokrediet: Canva

Lees ook: Internasionale Geregshof beveel Israel om uit Rafah te onttrek

GAZA. – Die Palestynse gesondheidsministerie het beweer Israel het Rafah met minstens 60 lugaanvalle in 24 uur getref na Hamas Tel Aviv met vuurpyle bestook het.

Getuies het gesê minstens agt Israeliese lugaanvalle het tente in Rafah getref waarin gewone burgers geskuil het.

Volgens Israel het hulle ’n Hamas-woonplek in Rafah aangeval. Die Israeliese weermag het gesê hulle weet van verslae dat burgers in die gebied seergekry het en hulle ondersoek die voorval.

Die aanvalle volg dae na die Internasionale Geregshof Israel beveel het om hulle militêre operasie in Rafah op te skort.

Bronne: ABNA24, CBS News, SABC

Lees ook: Internasionale Geregshof beveel Israel om uit Rafah te onttrek