Israel stel Ramadan as sperdatum vir aanval op Rafah

Lees ook :

Israel stel Ramadan as sperdatum vir aanval op Rafah
Israel stel Ramadan as sperdatum vir aanval op Rafah fotokrediet: Canva

Lees ook: Noord-Kaap se geweld eis meer SAPD-beamptes

RAFAH. – Israel het gedreig om teen die begin van Ramadan Rafah in te val as Hamas nie die gyselaars voor dan aan hulle oorhandig nie.

Die Israeliese regering het gesê Rafah is die laaste plek waar Hamas nog wegkruip. Dit is ook waarheen meeste Palestynse burgers gevlug het sedert die oorlog begin het.

Verskeie lande se regerings het gevra Israel moet die aanval stopsit om onskuldige Palestynse burgerlikes te beskerm.

Israel het gesê hulle sal die aanval in samewerking met die Amerikaners en Egiptenare uitvoer om seker te maak minder burgerlikes gaan dood.

Hulle het gesê: “Die wêreld en Hamas moet weet as ons gyselaars nie teen Ramadan by die huis is nie, sal die gevegte oral voortgaan, insluitend in Rafah”. Ramadan sal na verwagting op 10 Maart begin.

Bronne: IOL, DW – South Africa, Gulf News

Lees ook: Noord-Kaap se geweld eis meer SAPD-beamptes

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief