Lees ook: Israel beplan moontlik aanval op Iran
ISRAEL. – Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê sy land sal self besluit hoe dit op die aanval deur Iran gaan reageer.
Dit volg na verskeie wêreldleiers Israel versoek het om selfbeheer uit te oefen en hulle nie aan te val nie.
Die Israeliese weermag het gesê hulle gaan reageer op Iran se aanval van verlede naweek. Iran het vuurpyle en hommeltuigaanvalle op Israel geloods na Israel die Iranse konsulaat in Sirië aangeval het.
Israel het ook bomme laat val op talle “teikens” in Gaza waar 2.4 miljoen mense gehuisves is.
Bronne: EWN, ECR, Jacaranda FM
Lees ook: Israel beplan moontlik aanval op Iran