Lees ook: SA vra IGH om Israel te keer om Rafah verder in te val
ISRAEL. – Israel het gesê Suid-Afrika is besig om Hamas se belange te verteenwoordig en wil Israel daarvan weerhou om hulle land te verdedig.
Suid-Afrika het hom Dinsdag na die Internasionale Geregshof (IGH) gewend om te versoek iets moet gedoen word aan Israel se plan om Rafah in te val.
Israel het gesê dit gaan Rafah verder inval, al het meer as ’n miljoen Palestynse burgers sedert 7 Oktober daarheen gevlug.
Israel het gesê Suid-Afrika verteenwoordig die belange van Hamas en probeer Israel die reg om hulle land en burgers te verdedig ontsê.
Die Internasionale Geregshof het Israel verlede maand beveel om Palestynse burgers te beskerm en volksmoord te voorkom.
Bronne: CNBC Africa, Reuters, The Zimbabwe Mail
Lees ook: SA vra IGH om Israel te keer om Rafah verder in te val





