Lees ook: 37 dood in Israel-aanval op Rafah
PRETORIA. – Die Suid-Afrikaanse regering het gevra die Internasionale Geregshof (IGH) moet Israel se plan om Rafah verder in te val aanspreek. Hulle het gevra die hof moet intree om Israel daarvan te weerhou om die Palestyne se regte verder te skend.
Die regering het hulle Maandag tot die hof gewend en hulle kommer uitgespreek oor Israel wat Rafah aanval. Meer as die helfte van die 2.4 miljoen Palestyne het uit hulle woonplekke in Gaza na die digbevolkte Rafah vir veiligheid gevlug.
Die regering het gesê Israel se aanval op Rafah gaan grootskaalse dood, skade en vernietiging veroorsaak. Dit oortree die internasionale konvensie teen volksmoord en die hof se beslissing van 26 Januarie dat Israel die Palestynse burgers moet veilig hou en volksmoord voorkom.
Bronne: Algoa FM, SA News, The Citizen
Lees ook: 37 dood in Israel-aanval op Rafah





