Israel se verdedigingminister wil Gasa-bevolking na kamp in Rafah skuif

Lees ook :

Israel verdedigingminister wil Gasa populasie na kamp in Rafah verskuif fotokrediet: X

RAFAH. – Israel se verdedigingsminister, Israel Katz, het die week gesê hy wil die hele Gasa-bevolking na ’n kamp in Rafah verskuif.

Lees ook: Benjamin Netanyahu nomineer Trump vir Nobel-vredesprys

Hy het Maandag aan die media gesê die doel is om Palestynse burgers na ’n “humanitêre stad” te verskuif nadat hulle deur ’n veiligheidsproses gegaan het om seker te maak hulle is nie lede van Hamas nie en dat hulle nie toegelaat sal word om die kamp te verlaat nie.

Katz het gesê as die omstandighede dit toelaat, sal oprigting van die kamp begin tydens ’n 60-dag-skietstilstand wat Israel en Hamas probeer bereik.

Katz se plan het kritiek ontlok met menseregte-aktiviste wat daarop gewys het dit oortree internasionale wette en is ‘n misdaad teen menslikheid.

Bronne: BBC, CNN, CBC

Lees ook: Benjamin Netanyahu nomineer Trump vir Nobel-vredesprys

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief