GAZA. – Israel het Sondagaand Gaza se elektrisiteitstoevoer afgesny. Die besluit sal die humanitêre krisis wat reeds in Gaza bestaan, vererger en noodsaaklike dienste beïnvloed.
Lees ook: Trump dreig om Hamas dood te maak as gyselaars nie vrygelaat word nie
Die besluit is aangekondig ná Israel verlede week humanitêre hulp gekeer het om in Gaza in te gaan, omdat Hamas geweier het om die eerste fase van die skietstilstand te verleng.
Hamas wou hê die tweede fase waartydens Israel se weermag uit Gaza moet onttrek, moet ingestel word. Israel wou egter die eerste fase verleng met eise dat die res van die gyselaars vrygelaat word.
Samesprekings tussen Hamas en Israel oor die pad vorentoe is nog aan die gang.
Bronne: The Express Tribune, BBC, PBS
Lees ook: Trump dreig om Hamas dood te maak as gyselaars nie vrygelaat word nie





