Israel stel nuwe skietstilstandooreenkoms voor aan Hamas

Lees ook :

Israel stel nuwe skietstilstandooreenkoms voor aan Hamas fotokrediet: Canva

GAZA. – Israel het Maandag ’n nuwe voorstel aangaande ‘n skietstilstandooreenkoms aan Hamas oorhandig.

Lees ook: Politici gekritiseer ná feitesending na Israel

Hamas het aan CNN bevestig dit is besig om die voorstel na te gaan. Israel het voorgestel dat 10 gyselaars vrygelaat word in ruil vir honderde Palestynse gevangenes en Palestynse burgers wat in aanhouding is. Die voorstel is vir ’n 45-dag-skietstilstand, waarna Gaza ontwapen sal word – ‘n “rooi lyn” wat Hamas nie in die verlede wou oorsteek nie. Daar is geen waarborg dat die oorlog permanent sal beëindig word nie, ‘n voorwaarde deur Hamas gestel as deel van ‘n omvattende skikking.

Hamas owerhede het gesê die groep gaan nie instem tot ’n ooreenkoms wat eis dat dit ontwapen word of dat Israel se weermag terugkeer na Gaza nie.

Bronne: CNN, IOL, First Post

Lees ook: Politici gekritiseer ná feitesending na Israel

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief