Israel stel nuwe skietstilstandooreenkoms voor aan Hamas

Lees ook :

Israel stel nuwe skietstilstandooreenkoms voor aan Hamas fotokrediet: Canva

GAZA. – Israel het Maandag ’n nuwe voorstel aangaande ‘n skietstilstandooreenkoms aan Hamas oorhandig.

Lees ook: Politici gekritiseer ná feitesending na Israel

Hamas het aan CNN bevestig dit is besig om die voorstel na te gaan. Israel het voorgestel dat 10 gyselaars vrygelaat word in ruil vir honderde Palestynse gevangenes en Palestynse burgers wat in aanhouding is. Die voorstel is vir ’n 45-dag-skietstilstand, waarna Gaza ontwapen sal word – ‘n “rooi lyn” wat Hamas nie in die verlede wou oorsteek nie. Daar is geen waarborg dat die oorlog permanent sal beëindig word nie, ‘n voorwaarde deur Hamas gestel as deel van ‘n omvattende skikking.

Hamas owerhede het gesê die groep gaan nie instem tot ’n ooreenkoms wat eis dat dit ontwapen word of dat Israel se weermag terugkeer na Gaza nie.

Bronne: CNN, IOL, First Post

Lees ook: Politici gekritiseer ná feitesending na Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief