*PERSVERKLARING
Te midde van die onlangse toename in kontakmisdaad vir die tydperk van September tot Desember 2023, is die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap is bekommerd dat die provinsie toenemend gewelddadig raak.
Dr. Isak Fritz, LPW, DA Noord-Kaapse premierskandidaat het gesê: “Misdaadstatistieke wat verlede week vrygestel is, het onthul dat die provinsie nou vier polisiestasies het wat in die top 30 vir poging tot moord is. Ons is veral bekommerd dat die Galeshewe SAPD-stasie onder die top vyf vir dié misdaadkategorie is. Met die polisiestsies in Rosedale, Roodepan en Kagisho wat ook op die top 30-lys lê, is dit kommerwekkend dat die provinsie stadig maar seker besig is om die range vir geweldsmisdade te klim.”
“Aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 303 sake toegeneem terwyl roof met verswarende omstandighede met 27 aanklagte toegeneem het.”
“Kontakmisdaad in die provinsie het met 201 sake toegeneem en ontvoering het die hoogte ingeskiet vanaf 31 tot 53 sake, wat grootliks aan mensehandel toegeskryf word.”
“Ten spyte van ’n onbeduidende afname in verkragtingsake, kom die provinsie se verkragtingsverhouding steeds op die derde hoogste in, net na die Oos-Kaap en Vrystaat.”
“Afgesien van ‘n effense afname in eiendomsverwante misdaad, inbraak by residensiële en nie-residensiële persele, ander ernstige misdade en diefstal uit ‘n motorvoertuig, het Noord-Kaapse polisiestasies ook op die top 30-lyste vir hierdie misdaadkategorieë gehaal.”
“Dit is duidelik dat misdaadsindikate toenemend en onbeskaamd met die lewens van die mense van die Noord-Kaap dobbel.”
“Die jongste misdaadstatistieke kom as geen verrassing nie. Die mense van dié provinsie is moeg daarvoor om te wag dat die polisie op noodgevalle reageer weens ’n gebrek aan operasionele polisievoertuie en ’n gebrek aan personeel. Hulle is ook moeg vir leë beloftes wat deur hierdie onverskillige regering gemaak is, soos die twyfelagtige Operasie Shanela wat die provinsie met sulke hoë getalle in kontakmisdade in die steek gelaat het.”
“Inwoners van die Noord-Kaap is nie meer veilig onder die ANC-bewind nie. Dit is tyd dat ons hierdie onbekwame regering uitstem wat aanhou om die lewe uit die SAPD te suig en mense toenemend kwesbaar vir misdaad maak.”
*PERSVERKLARING
*HIERDIE PERSVERKLARING IS VOOR BETAAL DEUR DIE DEMOKRATIESE ALLIANSIE





