Lees ook: Iran sê weerwraak teen Israel gaan ‘tyd neem’
LIBANON. – Die Israeliese weermag het Libanon gister aangeval en gesê “duisende” Hezbollah-vuurpyle is vernietig wat na bewering ’n groot Hezbollah-aanval verhoed het.
Hezbollah het teruggekap deur te beweer daar is nie duisende vuurpyle vernietig nie en Israel het nie ’n aanval gekeer nie. Die groep het gesê hulle eie militêre operasie is “voltooi”.
Kommer bestaan steeds dat die aanvalle tussen Israel en Hezbollah die oorlog in die Midde-Ooste sal laat eskaleer.
Bronne: EWN, IOL, AFP