Israel val Rafah in, beheer nou grens met Egipte

Lees ook :

Israel val Rafah in, beheer nou grens met Egipte
Israel val Rafah in, beheer nou grens met Egipte fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel blaas VN-gebou op, Hamas val noodhulpkruising aan

RAFAH. – Israel het tenks in Rafah ingestuur en beheer van die grens met Egipte geneem. Die Israeliese weermag het vroeër die week Palestynse burgers gewaarsku om die gebied te ontruim.

Volgens Israel het die operasie in Rafah ‘n “beperkte omvang teen baie spesifieke teikens”.

Die VN het gesê Israel weier hulle toegang tot die kruisings in Egipte en Kerem Shalom met min brandstof oor in Gaza. Hulle het gewaarsku as daar nie brandstof ingelaat word nie, sal die humanitêre operasies nie kan aangaan nie.

Amerika het hulle wapenvoorsiening aan Israel opgeskort sodat Israel nie Amerikaanse wapens kan gebruik om Rafah in te val nie.

President Biden het 1 800 bomme van 2 000 pond en 1 700 bomme van 500 pond weerhou uit vrees dat dit teen Rafah gebruik sal word.

Bronne: EWN, IOL, The Citizen, The New York Times

Lees ook: Israel blaas VN-gebou op, Hamas val noodhulpkruising aan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief