Israel verskerp ontruiming in Gaza na aanval op skool

Lees ook :

Israel verskerp ontruiming in Gaza na aanval op skool
Israel verskerp ontruiming in Gaza na aanval op skool fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel wil nuwe Hamas-leier doodmaak terwyl kommer oor volskaalse oorlog toeneem

GAZA. – Israel se weermag het die naweek opdrag gegee dat meer ontruimings in die suide van Gaza moet plaasvind ná die Israeliese weermag ‘n skool in die gebied aangeval het.

Die Israeliese weermag het Saterdag ‘n moskee in ‘n skool waar duisende mense geskuil het, in Gaza-stad aangeval. Volgens Israel was Hamas en Islamitiese Jihad-lede in die skool en is 19 persone gedood.

Gaza se gesondheidsministerie het gesê 80 mense is in die aanval dood en 50 is gewond.

Die meeste van die Palestynse inwoners van 2.3 miljoen moes reeds uit Gaza vlug in die tien maande dat die oorlog aan die gang is.

Kommer bestaan steeds oor ‘n aanval van Iran uit weerwraak vir die dood van Hamas- en Hezbollah-leiers. Hezbollah het gister vuurpyle na Israel gevuur.

Bronne: Times of India, New York Post, Daily Mail

Lees ook: Israel wil nuwe Hamas-leier doodmaak terwyl kommer oor volskaalse oorlog toeneem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief