Israel wil nuwe Hamas-leier doodmaak terwyl kommer oor volskaalse oorlog toeneem

Lees ook :

Israel wil nuwe Hamas-leier doodmaak terwyl daar kommer is oor groter oorlog
Israel wil nuwe Hamas-leier doodmaak terwyl daar kommer is oor groter oorlog fotokrediet: Canva

Lees ook: Rusland stuur lugverdedigingstelsels na Iran

ISRAEL. – Die Israeliese verdedigingsminister, Yoav Gallant, het gesê hulle gaan die nuwe Hamas-leier, Yahya Sinwar, doodmaak.

Hy het gesê teen die einde van die oorlog sal daar geen Hamas-militante in Israel wees nie, “Daar sal geen veiligheidsbedreiging van Gaza aan Israel wees nie en Israel sal die vryheid hê om enige aksies uit te voer wat nodig is teen enigiemand wat ons bedreig”.

Die opmerkings kom terwyl kommer toeneem oor ’n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste, met Iran, Hezbollah en Hamas wat weerwraak wil neem vir die dood van Hamas- en Hezbollah-leiers.

Verskeie lande het hulle burgers uit Libanon ontruim en die VK en VSA het militêre personeel, vegvliegtuie en oorlogskepe gestuur ingeval gevegte uitbreek.

Rusland het intussen ’n lugverdedigingstelsel na Iran gestuur.

Bronne: Daily Mail, New York Times, The Jerusalem Post

Lees ook: Rusland stuur lugverdedigingstelsels na Iran

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief