Israeliese oorlogkabinetslid vra vroeë verkiesing na protesaksie in Israel

Lees ook :

Israeliese oorlogkabinetslid vra vroeë verkiesing na protesaksie in Israel
Israeliese oorlogkabinetslid vra vroeë verkiesing na protesaksie in Israel fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Israel maak grens oop vir hulp aan Gaza

ISRAEL. – Een van die Israeliese ministers en ’n lid van die oorlogskabinet, Benny Gantz, het gevra vir vroeë verkiesings na betogings teen Benjamin Netanyahu uitgebreek het.

Duisende mense het die week teen Netanyahu betoog en het geëis hy moet uit sy pos verwyder word oor sy hantering van die oorlog in Gaza.

Netanyahu se Likud-party het die oproep vir vroeë verkiesings verwerp en die eerste minister het gesê om nou verkiesings te hou wanneer Israel amper die oorlog gewen het, sal Israel “verlam”.

Sowat 32 975 mense is in Gaza dood sedert die oorlog begin het ná Hamas Israel op 7 Oktober aangeval het.

Bronne: The Guardian, The Straits Times, Bloomberg

Lees ook: Israel maak grens oop vir hulp aan Gaza

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief