Lees ook: Dodetal in Gaza byna 30 000
ISRAEL. – The Association of Rape Crisis Centers in Israel, wat ondersteuning aan slagoffers van seksuele geweld bied, het gister ‘n verslag by die VN ingedien oor die seksuele geweld gepleeg deur Hamas. Hulle het gesê Hamas het seksuele geweld teen Israeliese burgers gebruik tydens en ná die aanval op 7 Oktober.
Die organisasie het gesê Hamas het vrouens verkrag en met wapens gedreig, veral wanneer hulle beseer was. Verskeie vrouens is voor ‘n groep mense, gewoonlik hulle families, vriende en lewensmaats deur ‘n bende verkrag.
In die verslag word ook melding gemaak van vroue wie se geslagsorgane, asook ander dele van hulle liggame, gesny en vermink is.
Die organisasie wys uit seksuele geweld is ‘n oorlogstrategie wat wydverspreid deur Hamas gebruik word. Vier plekke waar verkragting as oorlogswapen gebruik is, word in die verslag, gebaseer op getuienis van mediese werkers en ooggetuies, uitgelig: teen die partytjiegangers by die Supernova-musiekfees, in kibboetse, by militêre bassise wat deur Hamas geïnfiltreer is en teen die gyselaars in Gaza.
Verskeie aktiviste het die aantygings teen Hamas ontken. Hamas het ook gesê as Moslems moet hulle vrouens beskerm en hulle word verbied om sulke dade uit te voer.
Bronne: The Times of Israel, New York Times, Haaretz
Lees ook: Dodetal in Gaza byna 30 000





