JEMEN. – Die Israeliese weermag het vanoggend hawens en ’n kragaanleg wat deur Hoethi-rebelle beheer word, aangeval.
Lees ook: Trump beweer Israel het ingestem tot 60 dae skietstilstand
Die Israeliese weermag het die hawens van Hodeida, Ras Isa en Salif, asook die Ras Kanatib-kragaanleg, aangeval. Volgens die Israeliese weermagwoordvoerder word die hawens deur die Hoethi’s gebruik om wapens aan Iran te voorsien “wat gebruik word om terreuroperasies teen Israel en hulle bondgenote uit te voer”.
Die Israeliese weermag het beweer die Hoethi-rebelle het twee vuurpyle ná die aanvalle op Israel geloods.
Bronne: Euronews, BBC, Sky News
Lees ook: Trump beweer Israel het ingestem tot 60 dae skietstilstand




