Trump beweer Israel het ingestem tot 60 dae skietstilstand

Lees ook :

Trump beweer Israel het ingestem tot 60 dae skietstilstand fotokrediet: X

ISRAEL. – Die Amerikaanse president Donald Trump het beweer Israel se regering het ingestem tot ’n 60 dae skietstilstand in Gasa.

Lees ook: Sowat 70 mense in Gaza gedood

Hamas het nog nie die skietstilstandvoorstel aanvaar nie, maar Egiptiese en Kataarse onderhandelaars sal die voorstel vandag aan Hamas voorlê.

Trump het op sy sosialemediaplatform, Truth Social, gesê Israel het tot die skietstilstand ingestem en dat hy hoop Hamas sal die ooreenkoms aanvaar, maar dat dit “net erger sal raak” indien hulle nie instem nie.

Die terme van die skietstilstand is onbekend, maar dit sal waarskynlik insluit dat die gyselaars wat steeds in Gasa aangehou word, vrygelaat word. Tans word nog 50 gyselaars in Gasa aangehou, van wie slegs 20 moontlik nog lewe.

Bronne: The Mirror, BBC, Sky News

Lees ook: Sowat 70 mense in Gaza gedood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief