[t4b-ticker]

Israeli’s betoog teen Netanyahu

Lees ook :

Israeliete betoog teen Netanyahu
Israeliete betoog teen Netanyahu fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran beplan weerwraak na beweerde Israeliese lugaanval op Damaskus

ISRAEL. – Duisende Israeli’s het vir ’n tweede aand die strate van Jerusalem, Tel Aviv, Bnei Brak en Haifa ingevaar om te eis dat eerste minister Netanyahu uit sy pos verwyder word. Hulle betoog ook om ’n einde te bring aan die verpligte weermagdiens.

Betogers is woedend oor Netanyahu se hantering van die oorlog in Gaza waarin byna 33 000 mense al dood is. Hulle is ook kwaad oor ’n voorstel dat ‘n wet wat ultra-Ortodokse Jode van weermagdiens kwytskeld, verander moet word.

Die betogers het ’n pad na die parlementsgebou in Jerusalem geblokkeer as deel van ’n vierdag-sitstaking wat eis Netanyahu moet afgedank word en verkiesings moet gehou word. Hulle wil ook hê die gyselaars moet teruggebring word. Netanyahu het gesê om nou verkiesings te hou “net voor hulle die oorlog wen” sal Israel vir ses tot agt maande “verlam” en die gyselaaronderhandelinge ophou. Hy het ook weer gesê die Israeliese weermag gaan Rafah inval.

Dit volg na bewerings dat Israel die Iranse konsulaat in Damaskus aangeval het.

Bronne: Daily Mail, CNN, AP News

Lees ook: Iran beplan weerwraak na beweerde Israeliese lugaanval op Damaskus

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief