KWAZULU-NATAL. – ‘n IVP-raadslid en twee skoolkinders is Woensdag tydens ‘n beweerde lokval op die R618 in Nongoma doodgeskiet, waarna ‘n taakspan ontplooi is om politieke moorde te ondersoek.
Volgens brig. Athlenda Mathe het die raadslid van die Inkatha Vryheidsparty, verbonde aan Nongoma- plaaslike munisipaliteit, glo aandag aan ‘n gebreekte voertuig gegee toe ‘n groep gewapende mans langs sy voertuig gestop en hom verskeie kere geskiet het. Hy het op die toneel gesterf.
Die verdagtes het toe glo op ‘n verbygaande taxi wat skoolkinders vervoer losgebrand en vier getref. Twee van die kinders, onderskeidelik 11 en 12 jaar oud, het gesterf.
Genl. Fannie Masemola het maksimum hulpmiddele gemobiliseer en die taakspan wat politieke moorde ondersoek ontplooi om die skuldiges op te spoor.
Enigiemand met inligting oor die beweerde verdagtes word gevra om na vore te kom.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





