Jaar tronkstraf en opgeskorte vonnis vir seksuele aanranding op 6-jarige

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Beskuldigde (44) is ‘n opgeskorte vonnis opgelê vir die seksuele aanranding op ‘n meisie (6) op 11 November 2023 by haar ouma se huis op Carnarvon.

Kol. Cherelle Ehlers sê die man het herstelwerk by die ouma se huis gedoen. Na die besoek aan die ouma het die kind vir haar ma gesê die beskuldigde het haar gesoen en op ‘n seksuele manier aangeraak. Die man is in hegtenis geneem en is later op borg vrygelaat.

Die De Aar-streekshof het die man skuldig bevind en tot ses jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, gevonnig. Hy mag gedurende die opskortingstydperk nie weer vir dieselfde oortreding skuldig bevind word nie.

Die beskuldigde se naam word in die nasionale register vir seksuele oortreders aangeteken.

Speur.sers. Marlon Eksteen van Carnarvon-GKS het die suksesvolle afhandeling van die saak en vonnis verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief