Jack Smith appelleer teen besluit om Trump se dokumente-saak uit te gooi

Lees ook :

Jack Smith appelleer teen besluit om Trump se dokumente-saak uit te gooi
Jack Smith appelleer teen besluit om Trump se dokumente-saak uit te gooi fotokrediet: Facebook

Lees ook: Saak teen Trump oor geklassifiseerde dokumente van rol geskrap

VSA. – Die VSA se departement van justisie se spesiale aanklaer, Jack Smith, het appelleer teen die besluit om die saak waarin Trump beskuldig word dat hy onwettig geklassifiseerde dokumente in sy besit gehad het, te laat vaar.

Regter Aileen Cannon, wat deur Trump aangestel is, het die saak teen Trump uitgegooi en gesê die aanstel van spesiale aanklaers is ongrondwetlik.

Smith het in sy appèl aangevoer die regter se besluit het “afgewyk” van die regspresedent. Trump se regspan het tot 26 September om op Smith se appèl te reageer.

Donald Trump was daarvan aangekla dat hy geklassifiseerde regeringsdokumente by sy Florida-huis gehad het na sy ampstermyn verstryk het en dat hy vir ondersoekers gelieg het. Hy is ook daarvan beskuldig dat hy die ondersoek probeer dwarsboom het.

Bronne: BBC, New York Times, NBC News

Lees ook: Saak teen Trump oor geklassifiseerde dokumente van rol geskrap

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief