Jacques Freitag – verdagtes by gastehuis vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD
Foto’s: Chrissie Lewis

GAUTENG. – Die twee verdagtes wat deur die polisie in verband met die moord op die voormalige hoogspringkampioen Jacques Freitag gesoek is, is in Sabie gearresteer.

Brig. Brenda Muridili het aan Nuusflits bevestig die soektog na Rudie Lubbe en Chantelle Oosthuizen is op ‘n einde. Beide is Dinsdagoggend omstreeks 10:00 by ‘n gastehuis in Sabie, Mpumalanga, waar hulle weggekruip het, in hegtenis geneem.

Lubbe en Oosthuizen sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die aanklagtes teen hulle is moord en die sameswering om ‘n moord te pleeg.

Die polisie het op 10 Julie ‘n soektog na die verdagtes geloods nadat lasbriewe vir inhegtenisname bekom is. Freitag was as vermis aangemeld, maar sy liggaam is op 1 Julie naby Zandfontein-begraafplaas in die Hercules-polisiëringsarea gevind.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Jacques Freitag (42), die voormalige hoogspringkampioen wat vermis was, se liggaam is naby Zandfontein-begraafplaas in Andeon in die Hercules-polisiëringsarea gevind.

Brig. Brenda Muridili het aan Nuusflits bevestig die vermistepersoonsaak is na moord verander. Freitag se liggaam is Maandagmiddag deur die polisie se soek-en-reddingspan gevind. Die span het plaaslike polisielede, die lugvleuel en watervleuel ingesluit.

Muridili sê die liggaam moet nog formeel deur die familie uitgeken word.

Niemand is in hegtenis geneem nie, maar die polisie volg alle leidrade op.

Freitag was sedert 12 Junie vermis.

Chrissie Lewis, Freitag se suster, het op sosiale media bekendgemaak dat hy vermis is: “With sadness to say. We have to report that my brother JACQUES FREITAG is MISSING. LAST SEEN ALIVE 12 JUNE. He has been dropped off in a bush in BOOYSENS Pretoria West. PLEASE. If there is any info please contact me at 0796140996.”

ICE Community Network sê Freitag is by sy ma se huis in Bronkhorstspruit opgelaai en by ‘n gastehuis in Booysens, Pretoria, afgelaai. Freitag, wat in Bronkhorstspruit grootgeword het, is een van net 10 atlete wat die wêreldtitel op o.19, o.20 en as senior kon wen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief