Jamie Lee Julies se moordenaar gevonnis

Lees ook :

Foto: Op lêer Groot-Brakrivier Facebook-blad

WES-KAAP. – Jamie Lee Julies (16) se liggaam is op 29 Januarie 2023 op ‘n plaas by Friemersheim, naby Groot-Brakrivier, gevind. Johan Counter (33) is vir die moord en verkragting van Julies skuldig bevind en twee keer lewenslank gevonnis.

Sers. Christopher Spies sê die polisie is na die plaas ontbied waar Julies se liggaam in ‘n stort aangetref is. Tydens ondersoek is bevind Julies se suster het haar naakte liggaam by ‘n dam gevind en het haar huis toe geneem waar sy dood verklaar is.

Tydens die nadoodse ondersoek is bevind Julies is verwurg en voor haar dood verkrag. Forensiese ondersoek en DNS het Counter aan die misdaad verbind. Hy is in hegtenis geneem en het tot sy vonnisoplegging deur die Mosselbaai-streekhof in aanhouding gebly.

Lt.genl. Thembisile Patekile het die ondersoek-en-vervolgingspanne vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.

Voorheen is berig:

Die polisie is die oggend omstreeks 06:00 na die moordklag ontbied.

Tydens ondersoek is gevind die oorledene was die vorige aand saam met familie en vriende waar hulle gekuier het. Julies het die perseel verlaat en het nie teruggekeer nie. ‘n Familielid het haar naakte liggaam die Sondagoggend ontdek.

‘n Verdagte is in die omgewing in hegtenis geneem en sal na vrwagting op aanklagte van moord en verkragting op 31 Januarie in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief