Jan Bloukaas begin môre met derde rondte chemo

Lees ook :

Jan Bloukaas begin môre met derde rondte chemo. Foto: Facebook

Jan Bloukaas, bekende in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, begin môre met sy derde rondte chemoterapie. Hy het vroeër aangekondig die gewas in sy brein is kleiner, maar dit groei moontlik op ander plekke en kan teen ’n gesigsenuwee druk.

Van sy vriende het gisteraand saam met hom gekuier vir die eerste keer vandat hy weer behandeling ontvang.

“Chemo maak dat mens alleen wil wees,” skryf hy op sy Facebook-blad. “Ek weet nog nie wat om te doen rakende optredes en sing en doof raak en als nie.”

Hy het ’n foto van homself en sy vriende in ’n positiewe luim gedeel. “Ek weet als gaan oukei wees.”

Aanhangers het hom belowe dat hulle aan hom dink. “Jy inspireer mens so met jou positiewe uitkyk op die lewe,” het een aanhanger opgemerk.

Bron: Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief