Jan Bloukaas – beste album op pad ondanks gesondheidsuitdagings

Lees ook :

Foto's: Jan Bloukaas

Jan Bloukaas, soos sy aanhangers hom ken, het nie net gister sy pa op sy verjaardag geluk toegewens nie, maar ook gesê hy is nou bedlêend, sy regterarm verlam en sy een oor doof. ‘n Paar dae gelede het hy gesê die album waarmee hy besig is, is sy beste sover.

Bloukaas het ‘n video-opname van sy slapende pa geneem en hom vir alles bedank.

“Gaan lewendig bly om dit dubbeld terug te betaal en dan sal Pa dit steeds teruggee soos ek Pappa ken. My Pa gee letterlik sy liggaam sodat ek nog voel.”

Grappenderwys sê hy dan sy pa raak lekker oud en tussen die twee van hulle het hulle drie ore, drie oë en geen gewete nie.

“Dankie Pappa 🫡 kampioen rolstoterer. Proverbs 16:31. Verse Concepts. A grey head is a crown of glory; It is found in the way of righteousness.”

Drie dae gelede het Bloukaas oor sy slapende pa in ‘n video gesê:

“Na ‘n lang dag van musiek klaarmaak, lyk ons so ⬇️ My pa moet my help, want my regterarm werk nie meer so lekker nie. 🧑‍🦯 God het my geseën met die beste pa en ek kierie (sic) enigeen wat anders sê. Die album is my beste sover dink ek en dis net moontlik as gevolg van julle. DAAAAAANKIE 😭😭😭❤️ God het jou eerste lief gehad vanoggend en julle katte moet die week aan klap met die spoed van my Rolstoel Ferrari. God is met ONS!!!!!”

Met die skarebefondsing wat vir hom op die been gebring is, is daar reeds meer as R260 000 ingesamel, meer as R250 000 wat beoog is om nog ‘n album te kon opneem, wat sy doel was. Die album sal volgens Bloukaas November beskikbaar wees.

“My katte! Dankie vir elke liewe donasie, ek kan nie dit glo nie en ek kan dit nie terugbetaal nie. Hierdie is my missie vir God. Hierdie is waarvoor ek op Aarde geplaas is. Vir God. Julle is nie reg vir die storm nie.”

Dit was nog altyd die plan:

Voordat ek gaan, wil ek God verheerlik, iets nalaat vir my ouers en mense help wat nie befondsing het vir kankerbehandeling nie.

Die album sal vir ewig en permanent ‘n persentasie royalties aan sulke organisasies skenk.

Dis my lewensdoel.

So elke keer wat julle hom gaan luister, genereer dit geld vir Christen- en kankerorganisasies en ek kan gerus wees ek laat iets aan my familie.

God kan. 🌅🙂❤️🍕

Nuusflits het voorheen berig.

Gebore as Jean du Plessis, het Bloukaas gewild geword met liedies soos Kaas Elke Dag, Stellenbosch, Kyknet & Chill, asook Sterre Brand. Hy is twee jaar gelede met kanker gediagnoseer.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief