Brekende Nuus
Afrikaans

Janae wen Brendan se hart

Volgens Brendan hét hy gevoelens vir al drie vroue gehad, maar het besef sy hart moet tot 'n punt kom.

Janae wen Brendan se hart. Foto's: kykNET
Janae wen Brendan se hart. Foto's: kykNET

Die oomblik van waarheid het vir die drie vroue in Op my Eish! aangebreek. Dit is toe Janae wat uiteindelik Brendan se hart gewen het.

Hy het besluit om die nuus op ’n eerlike wyse met die twee oorblywende vroue te deel. Volgens hom hét hy gevoelens vir al drie gehad, maar het besef sy hart moet tot ’n punt kom. Hy meen ses weke was genoeg tyd om sy hart op Janae te verloor.

Brendan beskryf die ervaring as ’n roller coaster en Janae is van mening dit was erg om iets te soek wat sy nie kon “kry” nie. Brendan het haar vir die eerste keer as sy amptelike meisie bekendgestel.

Rachelle en Katja het sy besluit grootmoedig aanvaar.

Bronne, kykNET, Facebook