Janusz Walus word op parool vrygelaat

Lees ook :

Fotokrediet Pretoria FM

Janusz Walus is kort gelede deur die departement van justisie en korrektiewe dienste parool toegestaan.

Walus het ‘n lewenslange vonnis ontvang nadat hy op 10 April 1993 die aktvis, Chris Hani, die sekretaris-generaal van die SAKP, vermoor het.

Thembisile Hani is in die oprit van sy huis in Boksburg geskiet, kort nadat hy tuis gekom het en voor Nomakhwezi, sy dogter, wat toe 15 jaar oud was.

Hy het reeds 15 jaar gelede vir parool in aanmerking gekom, maar dit was tot nou toe nie suksesvol nie. In 2020 was daar ‘n paroolaansoek wat deur die minister van justisie afgekeur is.

Walus moet binne 10 dae vrygelaat word nadat hy reeds 28 jaar van sy vonnis uitgedien het.

Walus, ‘n Poolse immigrant, het in 1982 na Suid-Afrika gekom.

Roelof du Plessis, advokaat SC en Leon Kellerman, advokaat SC het hierdie saak in die grondwetlike hof van Suid-Afrika gewen.

Bron: Pretoria FM, South African History Online en Willem Petzer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief