Japan reik tsoenami-waarskuwing na aardbewing uit

Lees ook :

Japan reik tsoenami-waarskuwing na aardbewing uit. Foto: Mainichi

JAPAN. – Die weste van Japan is Maandagmiddag deur ’n aardbewing van 7,5 getref. Dit het tot gevolg gehad dat Oos-Rusland en Suid-Korea saam met Japan tsoenami-waarskuwings uitgereik het.

Volgens die VSA se Geologiese Opname, was die fokuspunt van die aardbewing 10 km onder die oppervlak en die episentrum 42 km noordoos van Anamizu.

Slegs tien minute nadat ’n tsoenami-waarskuwing deur Japan se meteorologiese afdeling uitgereik is, het die eerste golwe van 1,2 m hoog die kus getref.

Ongeveer 21 opvolg-aardbewings wat 4,0 op die Richterskaal gemeet het, het sedertdien die sentrale deel van Japan getref.

Japan is bekend as een van die areas met die meeste seismiese aktiwiteit ter wêreld. Die kernkragowerhede in Japan het gesê die risiko van radio-aktiewe lekkasies by hulle kernkragaanlegte is minimaal.

Bronne: BBC, CNN

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief