VSA. – Jay-Z dagvaar die vrou wat beweer het hy en P Diddy het haar in 2000 verkrag.
Lees ook: Jay-Z wil verkragtingsaak teen hom laat vaar
Dit volg na die vrou haar regsaksie teen die kletsrymers in Februarie onttrek het ná sy hulle in Oktober daarvan beskuldig het dat hulle haar na die 2000 MTV videomusiektoekennings verkrag het toe sy 13 jaar oud was.
Jay-Z dagvaar die vrou vir laster en het gesê haar regsaksie is deur haar prokureurs uitgedink om hom af te pers vir geld en om sy reputasie te beskadig. Jay-Z het verder gesê die prokureurs het haar gedwing om die vals aantygings te maak en dat sy in ’n onderhoud gesê het nog ‘n bekende was by die MTV-partytjie, maar hy was inderwaarheid die spesifieke aand “duisende myle daarvandaan”.
Die vrou se pa het ook glo gesê sy is nooit verkrag nie.
Die vrou het beweer sy is geboelie en geteister tot sy die saak laat vaar het.
Bronne: BBC, The Mirror, The Independent