ROEMENIË. – Die Roemeense direktoraat vir die ondersoek van georganiseerde misdrywe en terrorisme het ’n kriminele aanklag teen die akteur, Jean-Claude Van Damme, ingedien.
Lees ook: TikTok se dae dalk binnekort in VSA getel
Jean-Claude Van Damme het na bewering seks met verskeie vrouens gehad wat glo slagoffers van sekshandel is.
Hy het glo een van die persone wat ook ondersoek word, ontmoet wat aangebied het om hom te laat seks hê met vyf Roemeense modelle as ’n “geskenk”.
Roemeense owerhede het beweer Van Damme het geweet die vrouens was slagoffers van sekshandel.
Die voorval het glo in Cannes plaasgevind, maar dit is onbekend wanneer dit gebeur het. Die ondersoek aangaande Van Damme is geloods na ’n getuie gesê het sy het gesien hoe die ander verdagtes die vrouens vir Van Damme aanbied.
Bronne: Euronews, The Independent, People
Lees ook: TikTok se dae dalk binnekort in VSA getel
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].