VSA. – TikTok kan moontlik amptelik op 5 April in die VSA verban word as die Chinese eienaar nie die toep verkoop nie.
Lees ook: ByteDance kry 75 dae verlenging om TikTok te verkoop
Die Amerikaanse regering het gesê TikTok is ’n dreigement vir hulle nasionale veiligheid omdat Chinese owerhede toegang tot die gebruikers se data kan kry, ’n bewering wat Beijing ontken het.
Die toep het in Januarie vir een dag ophou werk voor die wet wat die toep verban, ingestel is, maar president Donald Trump het die verbanning uitgestel. Trump het gister (Donderdag) gesê “verskeie beleggers”, insluitend Amazon, het ’n aanbod gemaak om die toep te koop.
Hy het ook gesê die VSA kan ’n ooreenkoms aanbied om die tariewe op Chinese invoere te verlig as China instem om die toep aan ’n Amerikaanse maatskappy of persoon te verkoop. China het sover nog geweier om die toep aan ’n Amerikaanse entiteit te verkoop.
Trump het gesê hy kan indien nodig die sperdatum vir die verkoop uitstel.
Bronne: BBC, USA Today, First Post
Lees ook: ByteDance kry 75 dae verlenging om TikTok te verkoop





