Lees ook: Algeriese bokser maak saak oor aanlyn boeliery na Olimpiese Spele
PARYS, FRANKRYK. – JK Rowling en Elon Musk is van die mense wat genoem is in die bokser Imane Khelif se dagvaarding oor kuberteistering.
Khelif is gekritiseer vir haar deelname aan die Olimpiese Spele na sy in 2023 ‘n geslagsgeskiktheidtoets gedop het.
Sy het Vrydag ‘n dagvaarding by Franse owerhede ingedien oor die aanlyn boeliery wat sy moes deurmaak. Haar prokureur, Nabil Boudi, het gesê JK Rowling en Elon Musk is van die mense wat in die dagvaarding genoem is. Boudi het gesê Donald Trump gaan ook deel wees van die ondersoek.
JK Rowling het Khelif op X ‘n man genoem en gesê: “Hy geniet die ‘distress’ van ‘n vrou wat hy nou net in die kop geslaan het en wie se lewensambisie hy vernietig het.”
Musk het ‘n plasing van Riley Gaines gedeel wat sê: “Mans hoort nie in vrouesport nie” en het bygevoeg: “Absoluut”.
Trump het op sy Truth Social gesê: “Ek sal mans uit vrouesport hou”.
Bronne: The Independent, NY Post, First Post
Lees ook: Algeriese bokser maak saak oor aanlyn boeliery na Olimpiese Spele