JK Rowling maak weer plasings op X oor Imane Khelif ondanks dagvaarding

Lees ook :

JK Rowling maak weer plasings op X oor Imane Khelif selfs na dagvaarding
JK Rowling maak weer plasings op X oor Imane Khelif selfs na dagvaarding fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Elon Musk en JK Rowling kan tronkstraf en boete kry as Imane Khelif hofsaak wen

JK Rowling het weer plasings op X oor die Olimpiese bokser, Imane Khelif, gemaak. Dit volg ná Khelif Rowling, Elon Musk en nog mense vir kuberteistering gedagvaar het.

Khelif is gekritiseer vir haar deelname aan die Olimpiese Spele omdat sy ‘n geslagsgeskiktheidtoets in 2023 gedop het.

Rowling is een van dié wat haar ‘n man genoem het en gesê het Khelif het plesier daaruit geput “om ‘n vrou se kop te slaan en haar drome te vernietig”. Sy was vir twee weke stil na Khelif die dagvaarding ingedien het, maar het nou weer ‘n plasing oor Khelif se nuwe voorkoms gemaak.

Rowling het ‘n artikel gedeel waarin Khelif se nuwe voorkoms gekritiseer is en het gesê om “lae dik grimering op te sit, vat meer tyd en moeite as om DNS-toetsuitslae vry te stel aan die publiek”.

Bronne: Pedestrian, Newsweek, X, The Spun

Lees ook: Elon Musk en JK Rowling kan tronkstraf en boete kry as Imane Khelif hofsaak wen

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App