VSA. – Die voormalige president van die VSA, Joe Biden, is met ’n aggressiewe prostaatkanker gediagnoseer wat na sy skelet versprei het.
Lees ook: Renaldo Gouws vra om verskoning, skik met Menseregtekommissie
Biden is Vrydag met prostaatkanker in ’n aggressiewe vorm, met ’n Gleason-telling van 9 uit 10, gediagnoseer ná hy verlede week by die dokter was vir urinêre simptome. Volgens Cancer Research UK kan die kankerselle vinnig versprei.
Biden se kantoor het gesê die kanker is hormoon-sensitief en kan moontlik behandel word. Volgens sy kantoor is hy en sy familie besig om die behandeling te bespreek.
President Donald Trump het op sosiale media gesê hy en Melania is “hartseer om te hoor oor Joe Biden se onlangse mediese diagnose. Ons beste wense aan Jill en die familie; ons wens Joe ’n spoedige herstel toe.”
Kamala Harris en die voormalige president, Barack Obama, het ook goeie wense aan die Biden-familie uitgespreek.
Bronne: BBC, SABC News, IOL
Lees ook: Renaldo Gouws vra om verskoning, skik met Menseregtekommissie





